A
AARTAPPEL , KAAS EN SPEKSOP
6 groot aartappels of 8 meduim aartappels geskil en opgesny
1 pakkie wituie soppoeier
250 ml vars room
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 E gekapte vars pietersielie of gedroogde pietersielie
250 gr spek
Sout en peper na smaak
Bedek aartappels met water, voeg sout by en kook sag
Sny die spek op en braai tot bros maar nie droog.Hou eenkant
Sodra aartapels sag is maak dit fyn in voedselverwerker. Hou water wat aartappels in gekook is.
Skep fyn aartappels terug in water en meng soppoeier met 1 K water.
Roer by aartappels en voeg 1 K kaas by,hou res van kaas eenkant Voeg nou res van bestandele by asook die spek en voeg genoeg water by indien nodig .die sop moet nie dun wees nie maar dik
Geur met sout indien nodig en peper
Roer oor lae hitte vir 10 min Indien nodig voeg nog water by.
Gooi van die gerasperde kaas onder in sopkommetjies en skep sop bo op Bedien saam met brood,broodrolletjie of vetkoek.

B
Biltong en Blou Kaas sop
Ek is verskriklik lief vir alle dinge wat eg Suid-Afrikaans is en het besluit dat ek my eie biltong potjiekos resep wil ontwerp. Ek het besef dat ek al ’n biltong en room potjie geproe het en toe besluit ek om liewer ’n sop te ontwerp. Hierdie is ’n eg Suid-Afrikaanse sop met ’n tikkie Frankryk in. Hierdie sop was nog elke keer ’n wenner. Daar is min dinge so lekker in die lewe as om ’n klomp tevrede eters aan te tafel te he nie.
80g botter
1 E Koljander korrels – fyn gestamp
1 E Swart peper korrels – fyn gestamp
1 Stewige knypie sout
1 t Neut muskaat – fyn gemaal
0,5 – 1 koppie meel
2L Melk
500g nat, fyn gekerfde biltong
200g Bloukaas - gerasper
400g Cheddar kaas – gerasper
250ml vars room
50ml port
Smelt die botter in ’n swaarboom kastrol. roer die Koljander, peper, sout en neut muskaat in. Gooi nou die meel by tot ’n stywe bol deeg gevorm is. Roer nou die melk, net ’n bietjie op ’n slag in, soos wat jy witsous sal maak. As jy in die begin te veel melk op ’n slag ingooi, gaan jy meel klonte in jou sop he. Wanneer die deeg ’n slap loperige sous geword het, gooi die biltong in, maar hou ’n klein bietjie oor vir garnering. Roer vir so 30 sekondes. Gooi nou die bloukaas in, maar hou weer so bietjie uit vir garnering. Wanneer bloukaas gesmelt is, gooi die cheddar kaas in en roer tot gesmelt. Die sop is nou gereed en moet nie meer baie langer op die stoof bly nie. Net voor jy opskep, gooi die room en die port in en gee een vinnige roer. Skep nou in sop bakkies en garneer met orige biltong en blou kaas. Jy kan ook ’n bietjie pietersielie opsit en as jy dalk nog room het, net so ou straaltjie in die rondte gooi oor die sop. Viola! – bedien en wag om te sien hoe die mense woordeloos is oor jou sop.
BRON:PASELLA

Dik beesstertsop
Bestandele:
• 60 ml sonneblomolie
• 800 g beesstert
• 300 g beesskenkel, in blokkies gesny
• 2 uie, gekap
• 45 ml koekmeel
• 2 liter beesvleisaftreksel
• 6 lourierblare
• 10 ml gedroogde tiemie
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 10 ml suiker
• 500 ml rooi wyn
• 50 ml tamatiepasta
• 4 groot wortels, geskil en in groterige stukke gesny
• 6 selderystokkies, gekap
• 16 baba-aartappels, geskil en middeldeur gesny
• 60 ml vars gekapte pietersielie
• 5 ml gerasperde suurlemoenskil
• melba-roosterbrood vir voorsit
1 Verhit ’n groot swaarboomkastrol. Wanneer dit baie warm is, moet jy ’n bietjie sonneblom-olie ingooi en die vleis bietjiesbietjies oor hoë hitte braai tot bruin. Gooi, indien nodig, nog ’n bietjie olie by om te keer dat die vleis brand en aan die kastrol vassit.
2 Verlaag die hitte en verhit dan die res van die sonneblomolie. Soteer die uie tot goudbruin. Gooi die koekmeel by en roer tot die mengsel begin bruin word. Roer die beesvleisaftreksel by, gooi die vleis terug in die kastrol en voeg dan die lourierblare, tiemie, knoffel, suiker, rooi wyn, tamatiepasta en die helfte van die wortels en seldery by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir vier uur prut. Haal die kastrol van die plaat af en laat eenkant afkoel. Sit dit oornag in die yskas.
3 Skep die volgende dag die gestolde vet van die sop af en gooi dit weg. Verhit die sop en gooi die res van die wortels en seldery asook die aartappels by. Verhit die sop

Oumas Boerewors sop met chilli
Bestandele:
1 pakkie Ouma se boerewors
Olyfolie vir braai, indien nodig
1 uie, grofgekap
3 knoffelhuisies, fyngemaak
3 selderystokkies, gesny
4 wortels, in ringe gesny
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 rape, geskil en in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en grofgekap
2 lourierblare
1 rooi chilli, sny in die helfte, maar nie heeltemal deur nie
1 liter beesaftreksel
Sout en peper na smaak
Om te bedien, taco skyfies en cheddar-kaas.
Metode:
Sny die rou wors in klein ringe.
Verhit ‘n groot pot en braai die stukkies worsies, totdat dit gaar is.
Voeg die uie, knoffel en seldery by.
Braai dit stadig tot sag, maar nie bruin nie.
Voeg die wortels, aartappels, rape, soetrissie, lourierblaar en die oopgesnyde chilli by.
Voeg die beesaftreksel by.
Verhit tot kookpunt en laat dit stadig prut vir 20-30 minute of tot die groente sag is.
Proe en geur met sout en pepper.
Verwyder die lourierblaar en chilli en bedien met vars wit broodrolletjies.
Breek taco skyfies en sprinkel oor elke individuele sop en sprinkel met kaas.

BEESSKENKEL EN GROENTESOP
Bestanddele:
500 g rooi gespikkelde suikerbone (625 ml)
25 ml olie
1 ui, gekap
1 kg beesskenkels
500 ml beesvleisaftreksel
4 wortels, gerasper
2 preie, in ringetjies gesny
3 rape, gerasper
3 selderystingels, gekap
100 ml vars pletersielie, gekap (1/2 bossie)
sout en peper na smaak
405 g tamatieroomsop (1 blik)
METODE:
Verwyder die stokkies en dowwe pitte uit die bone, was dit en week dit oornag in koue water. Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en braai die ui en vleis tot bruin. Voeg die bone, week vloeistof en aftreksel by en kook dit 3 uur. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Skep die vleis uit voordat dit te sag kook en van die bene loskom. Sny dit in blokkies en hou dit eenkant. Voeg die groente en pietersielie by en kook die sop totdat al die groente sag is. Skep van die groente uit en versap dit, of druk dit deur 'n sif. (Die hoeveelheid groente wat versap of fyn gedruk word, sal bepaal hoe dik die sop uiteindelik sal wees.) Voeg die fyn groente en vleisblokkies, wat eenkant gehou is, by die res van die sop. Voeg sout en peper by. Laat kook die sop goed deur en roer dit om voordat dit opgeskep word.
Dankie aan : Radio Eendrag

Boontjiesop
(4 – 6 porsies)
500 g droë haricotboontjies
30 ml olyfolie
3 Kasselse tjops (gerookte varktjops)
2 selderystingels, fyngesny
2 wortels, fyngekap
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
3 vars tiemietakkies
2 lourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1,5 liter groente-aftreksel
Week boontjies oornag of maak dieselfde dag gaar. As jy dit oornag week, gooi boontjies in ‘n bak en bedek met koue water. Dreineer die volgende oggend, gooi in ‘n kastrol en bedek weer met koue water. Bring tot kookpunt en kook tot byna sag.
Dreineer. Sny vleis van die been af en dan in blokkies. Verhit olyfolie in ‘n groot kastrol. Braai die vleis vir sowat 15 minute. Verlaag hitte en voeg die seldery, wortels, ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 15 minute. Voeg boontjies, tiemie en lourierblare by en geur met sout en peper. Gooi aftreksel by en bring tot kookpunt. Sit deksel op en laat prut vir 2 – 3 uur. Hou die sop dop. As dit te dik word na jou smaak, voeg net nog aftreksel by.