B
Brownies
220 g suiker
150 g bruismeel
3 eiers
50 g okkerneute, gekap
35 g kakao
knippie sout
170 g sagte botter
Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in gesmeerde bakplaat en bak 20 minute in voorverhitte oond by 180*C. Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel. Sny in blokkies wanneer koud. van een van ons
Brownies
1 koppie botter of margarien
1 koppie witsuiker
1 koppie klam bruinsuiker
6 opgehoopte eetlepels kakao
1 teelepel sout
1 teelepel vanieljegeursel
4 eiers
1 koppie koekmeel
versiersuiker om bo-oor te sif
Metode:
Smelt die botter in ’n pot op die stoof en haal van plaat af.
Gooi al die ander bestanddele by en meng dit tot glad.
Skep die beslag in ’n vierkantige koekpan wat goed gesmeer en met meel bestrooi is.
Bak die brownies vir 15-20 minute teen 180°C.
Haal die pan uit die oond, laat dit afkoel en sny dit dan in blokkies.
Sif versiersuiker oor.

M
Min-Moeite Brownies
230 g botter of margarien
250 ml wit suiker
250 ml klam bruinsuiker
100 ml kakao
5 ml sout
5 ml vanillageursel
4 eiers
250 ml koekmeelblom
125 ml gekapte pekanneute, opsioneel
versiersuiker
Smelt die margarien in 'n kastrol op die stoof en haal dit van die plaat af wanneer gesmelt. Gooi die res van die bestanddele (behalwe die versiersuiker) by en meng dit goed. Skep uit in 'n gesmeerde vierkantige oondvaste glasbak en bak teen 180 grade vir 15-20 minute. Haal die bak uit die oond, laat dit afkoel en sny in blokkies. Sif versiersuiker bo-oor, indien verkies.
Wenke:
Die brownies is heerlik effens warm (verhit dit in die mikrogolf) met roomys.
As jy wil deftig wees, kan jy 100g sjokolade en 15ml melk of room saam smelt en bo-oor die brownies smeer in plaas van die versiersuiker.

R
Romany Creams
125ml (50g) kakao
150ml kookwater
500g botter/ margarien (kamertemperatuur)
525g (625ml) strooisuiker
10ml vanielje geursel
600g meelblom
20ml bakpoeier
knippie sout
280g (875ml) klapper
Vulsel
1kg versiersuiker
50g (125ml) kakao
300g margarien
10ml vanieljegeursel
melk om smeerbare vulsel te maak
Los kakao in kookwater op. Laat afkoel.
Verroom botter en strooisuiker. Voeg kakao mengsel geleidelik by terwyl klits. Roer geursel by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg by roommengsel. Meng goed. Voeg klapper by. Meng.
Druk koekies met koekiedrukker op bakplaat. Bak 10-12 minute 180ºC
Laat afkoel.
Meng vulsel bestanddele tot smeerbare mengsel.
Sit koekies twee-twee aanmekaar.

S
SJOKOLADE BROWNIES VIR DIABETE
Maak: 12 brownies Baktyd: 20-25 minute Oondtemperatuur: 180 °C
50 ml (50 g) laevetmargarien
2 groot eiers
250 ml (110 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
50 ml kakaopoeier
25 ml kunsmatige versoeter (soos Equal)
25 ml melk
50 g suikervrye melksjokolade, gekap
Klop die margarien tot lig en donsig. Voeg dan die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging.
Sif al die droë bestanddele saam en gooi dit om die beurt met die melk by die eiermengsel. Vou die sjokoladestukkies versigtig in.
3 Skep die mengsel in 'n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 20 cm en bak dit vir 20 tot 25 minute in die verhitte oond. Laat dit op 'n draadrakkie afkoel. Sny dit in blokkies en bêre die brownies in 'n lugdigte houer