A
Toffie Appels
1 k suiker
½ tl asyn
Rooi kleursel
Knippie kremetart
¼ koppie water
appels
Metode
Plaas alles behalwe die apples in ‘n kastrol en roer tot opgelos.
Voeg kleursel by. Kook tot middelslag- kraakstadium en verwyder van die stoof.
Steek stokkies in die appels en doop in die warm stroop.
Plaas op koelrak om droog te word.

B
C
CARAMEL CREAMS
Karamellekkers (Maak 24)
250 g strooisuiker
60 g glukose
1 k dik room
30 g ongesoute botter
3 t seesout
200 g donkersjokolade
Prut die suiker, glukose, room, botter en sout totdat die suiker en sout goed opgelos is. Kook die mengsel 8 minute oor ʼn hoë hitte om te karamelliseer. Smeer ʼn miniatuur muffinpan uit met botter. Vul die onderste helfte van die holtes met die karamel en laat dan goed afkoel. Smelt die sjokolade oor kokende water en gooi bo-oor die karamel. Plaas in die yskas tot jy dit wil gebruik.

D
marshmellow koekies en dadelballetjies gemaak en moet sê die resepte is heerlik en maklik!
Smelt
3 eetl. margarien in 'n kastrol.
Voeg 30 gesnyde marshmellows by en laat smelt (pasop vir brand). Haal van die plaat af en voeg 'n teelepel vanilla essence by en 4 koppies Rice Krispies. Roer goed deur en druk in gesmeerde bak. Laat afkoel en sny in blokkies

E
Sjokolade-eiers
Jy benodig:
plastiektafeldoek
wit sjokolade-eiers
verskillende kleure koskleursel
'n bakkie vir elke kleur
'n verfkwassie vir elke kleur
1 eierwit
400g versiersuiker
versiersak
silwer balletjies, suikerblommetjies, strooisels en ander versierings
Om te maak:
Gooi 'n plastiektafeldoek oor jou tafel om dit te beskerm en sorg dat die kinders ou klere of 'n voorskoot aan het. Gooi die koskleursel in bakkies en sit 'n verfkwassie by elke bakkie. Let wel dis beter om 'n kwassie per kleur te hê pleks van 'n kwassie per kind - dan bly die kleursel redelik suiwer.
Moedig die kinders aan om elke eier in een soliede kleur pleks van 'n klomp verskillende kleure te verf - dit lyk mooier en is ook minder morsig.
Klop die eierwit styf en voeg die versiersuiker by tot jy 'n stywe mengsel het. Skep die versiersuikermengsel in die spuitsak. Die kinders kan die versiersuikermengsel gebruik om die versierings op die eiers te plak.

F
Fudge
60 g margarien
15 ml goue stroop
2 ml kremetart
1 k koekmeel
6 k suiker
1 blikkie melk
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanielje
Smelt margarien en gouestroop saam oor lae hitte. Voeg die koekmeel, suiker, melk, kondensmelk en kremetart by. Kook tot sagtebal stadium. Haal van hitte af en roer vanielje by. Vandat ek die suiker en res bygegooi het kook ek dit omtrent 35 minute op 4. Dit is 'n groot resep ek kry so 77 klein blokkies in my fudge pan. Ek hoop dit help vra maar as jy nog sukkel.

Maak fudge wat nie kan flop nie:
Maak ongeveer 36 blokkies
125ml botter
15ml gouestroop
30ml melk
750ml strooisuiker
1 blik kondensmelk
15ml water
5ml vanieljegeursel
‘n knippie kremetart
Smelt die botter, stroop, melk en water saam in ‘n swaarboomkastrol.
Haal die kastrol van die plaat af en voeg die suiker by. Sit weer op die plaat en verhit tot kookpunt. Kook vir vyf minute en roer die heeltyd.
Haal van die plaat af en laat vir ‘n minuut afkoel. Gooi die kondensmelk in ‘n dun straaltjie by en hou aan met roer.
Sit weer op die plaat en kook vir 15 minute oor ‘n lae hitte. Roer die heeltyd om te keer dat dit vasbrand.
Die mengsel is gereed wanneer dit ‘n goudbruin kleur het en die hardebal-stadium bereik het. Drup ‘n klein bietjie van die mengsel in ‘n bak met koue water. Dit moet ‘n ferm balletjie vorm. Roer nou die vanieljegeursel en kremetart by.
Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde 20 x 20 cm=pan en laat dit staan tot dit begin stol. Sny dit in blokkies. Laat dit heeltemal stol voor jy dit uit die pan haal. Bêre in ‘n lugdigte houer.

G
H
I
J
K
L
M
MISHOPIES: [ONGEBAKTE KOEKIES ]
2 k suiker
1 k botter (in blokkies gesny)
½ k melk of water
½ k kakao
2 k hawermout
2 k klapper
2 t vanilla
Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is.
Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik.
Kook vir 5 minute sodra dit begin borrel.
Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed.
Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by.
Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of skinkbord.
Laat koud word en plaas in die koelkas.

N
O
OREO SJOKOLADETRUFFELS
Hierdie sjokoladetruffels is baie maklik om te maak.
Dit is goeie geskenke en is ook nie te soet nie.
500 g Oreo koekies - gebruik die een met die sjokolade vulsel, maar die gewone is ook reg
250 g roomkaas by kamer temperatuur - nie maaskaas nie
400 g gewone melksjokolade
100 g wit sjokolade
Maak die koekies fyn, vulsel en al, in ‘n voedselverwerker (of sommer met ‘n koekroller) totdat dit lyk soos koffiemoer.
Plaas die fyngemaakte koekies en roomkaas in ‘n mengbak en meng dit goed totdat die wit van die kaas nie meer
sigbaar is nie - ‘n elektriese handklitser werk goed hiervoor.
Neem ‘n teelepelvol van die mengsel op slag en rol dit in bolletjies.
Plaas dit op ‘n skinkbord wat met waspapier bedek is.
Verkoel dit in die yskas vir 40 minute tot ‘n uur.
Breek die gewone sjokolade in blokkies en plaas dit in ‘n mikrogolf veilige bak.
Smelt die sjokolade in die mikrogolfood en roer na elke 20 sekondes tot glad.
Gebruik 2 eetlepels om die bolletjies in die gesmelte sjokolade te doop.
Plaas dit terug op skinkbord en verkoel weer vir 2 tot 3 minute sodat die sjokolade stol.
Smelt nou die wit of donker sjokolade op dieselfde manier en gebruik ‘n vurk, gedoop in die sjokolade om die bokante van die truffels met spatsels te versier.
Laat dit stol.

P
Popcorn idees
JY HET NODIG
olie vir vlakbraai
60 ml (¼ k) springmielies
MAAK SO
Verhit genoeg olie om die bodem van ’n middelslagkastrol te bedek oor hoë hitte.
Voeg die mieliepitte by, roer goed deuren plaas die deksel op die kastrol.
Laat die mielies vir 2 – 3 minute skiet of tot alles opgepof is.
PRETTIGE GEURMIDDELS
BOTTER SPRINGMIELIES:
Smelt 50 g botter en geur met 15 ml (1 e) sout en roer deur die springmielies.
KARAMEL:
Meng 160 ml (2/3 k) bruinsuiker,
60 ml (¼ k) gouestroop,
40 g botter,
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
10 ml (2 t) water.
Verhit dit oor lae hitte tot die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Laat vir 3 minute kook. Roer deur die springmielies.
KLAPPER:
Meng 125 ml (½ k) geroosterde klapper met 60 ml (¼ k) gesifte versiersuiker en 70g gesmelte botter
Sjokolade:
Meng 80 ml (¼ k) versiersuiker (gesif) en 30 ml (2 e) kakaopoeier en 70 g gesmelte botter.
MAAK JOU EIE MIKROGOLFSAKKIES
Jy het nodig:
1 bruin middelslag-kardoessakkie
(ongeveer 24 x 12cm)
60 ml (¼ k) springmielies
20 g botter
½ t sout
MAAK SO
Voeg al die bestanddele saam in die sakkie. Vou dit twee keer bo-om en druk dit styf toe. Maak seker dat jy genoeg ruimte vir die opgepofte springmielies toelaat. Plaas dit op die voukant op sy sykant in die mikrogolf.
Skiet die springmielies vir 2 – 3 minute op die hoogste stelling van die mikrogolf of tot dit nie meer skiet nie.

Caramel popcorn
7 koppie gespringde popcorn.
37.5ml stroop.
187ml bruinsuiker.
165ml kersies.
250g neute.
75ml botter.
1ml koeksoda.
1 ml vanilla.
Smelt botter en bruinsuiker.
Voeg stroop by en kook als 5min saam. Haal af van stoof en gooi koeksoda en vanilla in.
Gooi popcorn, kersies en neute in gesmeerde pan.
Gooi stroop oor en meng deur.
Bak klein bietjie in oond.

Q
R
ROLBALLETJIES
Die een het ek nog nie self gemaak nie, maar dit lyk heerlik. Ek dink ek gaan hom opskryf vir die naweek - tensy een van julle my voorspring en laat weet hoe dit gekom het!
200 g botter
50 ml strooisuiker
15 ml water
500 ml koekmeelblom
100 - 150 g heelneut sjokolade
gesifte versiersuiker
Room botter en strooisuiker. Voeg water en koekmeelblom en meng tot dit 'n stywe deeg vorm. Sny elke sjokolade blokkie in die helfte en rol elke helfte in 'n opgehoopte teelepel deeg toe. Plaas die bolletjies op 'n gesmeerde bakplaat en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade. Rol in versiersuiker terwyl die balletjies nog warm is.

S
HOE OM SWEETIE-PIES TE MAAK: [bederfie vir die kinders en grootmense]
Bestanddele:
• 200 g donkersjokolade, gesmelt
• 8 gelatien-velle (kyk by jou supermark se gebak-afdeling)
• 200 ml koue water
• 400 g (480 ml) strooisuiker
• 100 ml warm water
• 2 ml sout
• 30 ml haselneut-likeur of 10 ml vanieljegeursel
• 10 g haselneute, gekap
• 10 ml pienk koskleursel
• 12 karamelgeur Marie-koekies
Verf die holtes van 6 silikoon-vorms met sjokolade en laat stol in vrieskas. Hou so aan tot jy die vorm met 5 lae sjokolade bedek het.Week gelatien in 200 ml koue water tot sag. Plaas bakkie met water en sagte gelatien in mikrogolfoond en verhit tot gesmelt. Plaas gesmelte gelatien in ’n elektriese menger.Gooi strooisuiker en 100 ml warmwater in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is. Kook suikerstroop tot sowat 120 ˚C op ’n suikertermometer. (As jy nie een het nie: Dis gewoonlik reg sodra die buiterand van die suikerstroop van kleur verander.) Sit menger aan en gooi warm stroop in ’n dun straaltjie by.Voeg sout en likeur by.Klits vir 12 – 15 minute teen hoë spoed of tot die mengsel blink en stywe punte vorm.Voeg gekapte neute en kleursel by.Verdeel mengsel tussen sjokolade-holtes en plaas ’n Marie-koekie bo-op elkeen.Smeer res van sjokolade bo-oor om koekie te bedek. Laat stol in yskas vir 20 – 30 minute.Keer versigtig uit. Sit voor, of draai in bakpapier toe en gee dit as geskenke.

Sjokolade-en-klapperhappies
Dit hou lank in ’n lugdigte houer in die yskas.
Jy benodig
1 pakkie Mariebeskuitjies
1 blik kondensmelk
¼ koppie kakaopoeier
½ koppie klapper en nog ’n bietjie ekstra om die bolletjies in te rol
Só maak jy
1 Kap die beskuitjies in ’n voedselverwerker fyn of verkrummel dit binne-in ’n plastieksakkie en voeg dan die kondensmelk, kakao en klapper by.
2 Moet hulle nie squash nie. Vorm bolletjies so groot soos muurbalballetjies.
3 Rol die bolletjies in klapper en verkoel dit dan in die yskas.
Jy kan die bolletjies al ’n week voor julle met vakansie gaan, maak en dit dan net vries.

SJOKOLADE BRANDEWYN BALLETJIES
500 g donker sjokolade (Bourneville)
100 ml brandewyn
125 ml room
Breek sjokolade in blokkies.
Plaas saam met die brandewyn in 'n bakkie in 'n groter houer met kokende water.
Bedek met 'n handdoek, en laat sowat 'n halfuur staan om te smelt.
Klop die room tot dit begin verdik.
Voeg by die sjokolade en brandewyn, en klits die mengsel tot al die bestanddele goed gemeng is.
Indien nodig, voeg nog brandewyn na smaak by.
Skep in 'n vlak bak en laat stol in die yskas.
Skep met 'n teelepel uit en vorm in balletjies.
Rol in kakao of gekapte neute.
Sjokolade vormpies kan ook gebruik word.

T
Witsjokolade Truffels
Ongeveer 30
300 g witsjokolade, in stukkies gebreek
125 ml room
100 g fyn amandels
versiersuiker/fyn klapper
Plaas sjokolade en room in ’n glasbak. Plaas bak oor ’n kastrol met baie warm water. Roer nou en dan tot sjokolade gesmelt is. Haal af en voeg amandels by. Meng goed en laat afkoel in yskas. Wanneer dit styf is, skep teelepels vol en rol in balletjies. Rol balletjies in versiersuiker of klapper.

Sjokolade truffels met skop
Kry ongeveer 35 tot 40 uit.
290 ml room
30 g glukose (by apteke te kry)
500 g donkersjokolade (Lindt Swiss Classic Dark)
20 ml whisky
200 g donkersjokolade om truffels in te doop
gesifte kakao
100 g klapper
Verhit die room en glukose tot kookpunt in 'n kastrol. Kap die sjokolade fyn en sit in 'n mengbak. Giet die warm room bo-oor en roer tot 'n gladde mengsel. Gooi die whisky by en laat die mengsel tot kamertemperatuur afkoel. Gebruik 'n lepel om sjokolade op 'n bakplaat, wat met kleefplastiek of bakpapier uitgevoer is, te vorm. Verkoel in die yskas tot hard. Smelt die 200 g sjokolade oor warm water in 'n mengbak (maak seker die sjokolade is gesmelt). Vorm nou die verkilde sjokoladeporsies in balletjies en doop dit versigtig in die gesmelte sjokolade. Rol die truffels in kakao en klapper.

Tuisgemaakte sjokoladetruffels
Bestandele:
• 200 ml vars room
• 60 g botter
• 250 g goeie donker sjokolade, opgebreek
• 40 ml likeur van jou keuse (opsioneel)
• 150 g kakaopoeier, gesif
Metode:
1. Plaas room en botter in ’n mediumgroot kastrol en verhit tot net onder kookpunt.
2. Voeg die sjokolade by en roer tot dit gesmelt is. Hou aan roer tot die mengsel glad word. Roer die likeur by.
3. Plaas die mengsel oornag in die yskas.
4. Haal die mengsel uit die yskas wanneer dit koud en geset is. Skep klein teelepels vol in jou hande en rol in balletjies.
5. Rol die balletjies in kakaopoeier.
6. Hou in die yskas tot bediening.
7. Bedien saam met koffie en likeur.
8. Jy kan elke truffel ook mooi toedraai en as geskenkies aan gaste gee.
Maak omtrent 30 truffels

Toffie
625 ml bruinsuiker
250 ml water
125 g botter of margarien
vanielje geursel
Roer die suiker en die water in ‘n kastrol oor stadige hitte tot die suiker alles opgelos is.
Voeg die botter by en kook die mengsel sonder om te roer tot dit die ligte kraakstadium bereik het.
Voeg die geursel by.
Gooi dit in ‘n plat pannetjie wat met botter gesmeer is.
Merk klein vierkantjies daarop met ‘n mes voordat dit koud word.
Sny in blokkies voordat dit heeltemal hard word