A
B
BASIESE BROSKORS TERTDOPPIES
2 kop koekmeel
2 ml sout
200 g botter
115 ml yswater
15 ml suurlemoensap
Sif koekmeel en sout saam.
Sny botter in klein stukkies en vryf dit met die vingerpunte by die koekmeel mengsel in.
Meng die yswater en die suurlemoensap en sprinkel dit oor die koekmeelmengsel.
Knie 'n paar sekondes lank, plaas in 'n plastieksakkie en verkoel dit 'n uur lank.
Rol die deeg uit en voer klein tertpannetjies uit met die deeg.
Die doppies word 12 minute lank blind gebak in 'n voorverhitte oond by 200 - 230 º C

C
C
Croissants
CROISSANTS GEVUL MET SPINASIE EN FETA
500 ml meel
2 nl sout
125 g botter, in vier stukke gesny
10 ml suiker
1 geklitste eier
80 ml louwarm melk
10 ml kitsdrodgis
Vulsel
1 bos spinasie, gewas, gekerf,gestoom en droog gedruk
30 ml olie
1 medium ui, fyn gekap
10 ml fyngemaakte knoffel
5 ml peri-peripoeier
5 ml paprika
knippie neutmuskaat
100 ml vars pietersielie, fyn gekap
250 g gekrummelde Feta-kaas
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 200" C
Sif die meel en sout saam. Vryf een stuk botter in die meel.
Meng die suiker, geklitste eier en melk in 'n bak, Meng die droegis met die meelmengsel, Voeg die melkmengsel by die deeg en meng tot'n deeg. Knie vir 1 5 minute tot die deeg glad en elasties is,
Rol die deeg in 'n, langwerpige strook uit. Smeer 1 stuk botter oor twee derdes van die basis van die
deeg. Plaas een derde van die deeg (sonder botter) op die middelste derde. Plaas die derde wat met botter gesmeer is op die ander twee derdes. Dit word 'n enkel- of halfdraai genoem, Laat die deeg vir 30 minute rus. Rol, botter en vou tot al die botter gebruik is. Verkil vir 30 minute.
Maak intussen die vulsel,
Soteer die ui met knoffel in olie en meng al die bestanddele vir die vulsel goed,
Kook vir 5 minute. Hou eenkant,
Rol die deeg in 'n reghoek, sny dit in die helfte en sny elke helfte in 'n sigsagpatroon - die deeg is nou
individuele driehoeke, Plaas die vulsel in die middel van die deeg en rol dit soos volg op:
Begin aan die breedste kant en rol die deegdriehoek na die punt om 'n croissant of halfmaan
te vorm.
Plaas op 'n gesmeerde bakplaat. Rol al die deegdriehoeke soos hierbo en verkil vir 30 minute.
Bestryk met eier en bak vir 20 minute teen 200" C. Groete adele
2 hours ago · Like · 1 person
Adéle Van Zyl Filmalter Maklike kaas -en-kruie- croissants
Dié resep vir croissants gaan jou nie ure lank in die kombuis besig hou nie. Dis maklik om te maak en die groot geheim hier is die beleë cheddar. Geniet die croissants saam met lekker baie botter.
750ml koekmeel
25ml bakpoeier
50g botter, in blokkies gesny
500ml grofgerasperde, beleë cheddar
60ml fyngekapte, vars pietersielie
10ml fyngekapte, vars origanum
10ml fyngekapte, vars tiemie
10ml fyngekapte, vars roosmaryn
1 ekstra-groot eier
180ml karringmelk
1 eier, geklits, vir glasuring
1 Sif die meel, bakpoeier en 'n knippie sout saam in 'n groot mengbak. Vryf die botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Roer daarna die kaas en al die kruie in.
2 Meng in 'n ander bak die ekstra-groot eier, karringmelk en 60ml water, roer dit by die droë bestanddele in en meng tot 'n sagte deeg vorm. Verdeel die deeg in die helfte en rol elke stuk uit tot 'n sirkel van 26cm in deursnee. Sny die deegsirkel in agt wîe. Begin by die skerp punt van elke driehoek en rol die deeg op terwyl jy die rande invou om 'n halfmaan te vorm. Herhaal met die res van die deeg.
3 Pak die croissants op 'n gesmeerde bakplaat en verf met die geklitste eier. Bak vir 20 minute in 'n voorverhitte oond of tot die croissants goudbruin is. adele
2 hours ago · Like · 1 person
Adéle Van Zyl Filmalter Sjokolade-kroek-croissants
(maak 12 mini-croissants)
400g klaargekoopte blaardeeg
6 blokke goeie donkersjokolade, gehalveer
1 eier, geklop
Versiersuiker om mee te bestrooi
Voorverhit die oond by 190°C. Bestrooi ʼn oppervlak liggies met meel en lê die deeg uit. Sny dit in die helfte en sny dan 10cm-wye driehoeke. Plaas ʼn halwe blok sjokolade op die kant van elke driehoek en rol op. Vorm in halfmane en plaas op ʼn bakplaat. Verf met geklopte eier en bak 10 – 15 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en strooi ‘n bietjie versiersuiker oor voordat jy dit opdien.
Kits Croissants:
900 ml meel
... 2 ml sout
250 ml gerasperde kaas
25 ml bakpoeier
125 g botter
300-325 ml melk
1 eiergeel
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in mengsel. Voeg kaas by en maak aan met melktot hanteerbare deeg. Deel in 4. Rol elke 1/4 uit in n sirkel. Sny in 8 wiggies. Rol elke wiggie op en buig in halfmaan. Klits eiergeel en bietjie melk. Verf bo-oor en bak 15min teen 200 grade. Dit lewer 32 croissants.

D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
TORTILLAS
2 koppies koek meel
3tl bakpoeier
230ml warm melk
5ml sout
50 ml kook olie
meng droe bestandele dan warm melk (moet net duskant kook wees) en olie met 'n vurk in. Knie versigtig (want dit is warm) vir ongeveer 4 minuute. Maak deeg in bak met kleefplastiek toe. Laat rus vir minstens 10 min. Sny in 8 ewe groot dele. Rol papier dun en bak in warm pan sonder olie 45 sekondes per kant.