A
AMARULA SJOKOLADESTROOP KOEK
Huisgenoot
Marianna Bruins-Lich van Hartenbos het hierdie resep met ons gedeel.
Lewer 1 koekbrood.
KOEK
60 ml kakao (¼ kop)
125 ml kookwater (½ kop)
3 eiers
60 ml olie (¼ kop)
220 ml suiker
250 ml koekmeel (1 kop)
10 ml bakpoeier (2 tl)
2 ml sout (½ tl)
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Smeer ’n broodpan van 29 x 13 x 6 cm goed met margarien of spuit met kossproei.
Bestuif met koekmeel.
Meng die kakao en kookwater goed saam.
Klits die eiers, olie en suiker saam.
Voeg die kakaomengsel by en meng goed.
Sif die droë bestanddele saam en meng dit met die kakaomengsel.
Gooi in die pan en bak 30 minute of tot gaar.
STROOP
250 ml suiker (1 kop)
250 ml water (1 kop)
60 ml Amarula likeur (¼ kop)
Kook die suiker en water 5 minute saam.
Voeg die likeur by.
Gooi oor die warm koek en laat afkoel.
VERSIERSEL
styfgeklitste room en sjokoladeblare
Sny die koek in skywe en sit voor met die room en sjokoladeblare.
MAAK SJOKOLADEBLARE
Smelt donkersjokolade in die mikrogolfoond of in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater.
Was blare soos roosblare goed af en smeer die sjokolade aan die agterkant van die blare.
Laat staan tot stewig.
Begin by die puntjie en trek die blaar versigtig af.

VARS APPEL KOEK resep:
Deur: Connie Brumley Sutton
1kop olie
2 kop suiker
3 eiers
3 kop meel
1 teelepel koeksoda
2 teelepel vanielje-ekstrak
1 kop gekapte pekanneute
3 kop vars geskil en gekapte appels
Verhit die oond tot 180 C grade. Smeer 'n 9 x 13 "pan Meng olie, suiker en eiers. Roer meel en koeksoda by. Voeg vanielje, pekanneute, en appels by. Smeer in voorbereide pan en bak vir 45-50 minute Laat afkoel vir 2 ure
Versiersel
½ kop botter
1 kop bruinsuiker (donker verpakte bruinsuiker)
¼ kop ingedampte melk (ideal melk)
½ teelepel vanielje
Kook al die bestanddele in 'n klein kastrol vir 2 minute. Sit bak in bak gevul met yswater. Klits versiersuiker by tot dit die regte tekstuur is om oor die koek te kan smeer. Smeer oor koek en geniet

Klewerige appel-en-kaneelkoek:
Genoeg vir: 8 Mense
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180 °C
• sagte botter vir smeer
• 4 Granny Smith-appels, geskil en klokhuise verwyder
• 150 g (165 ml) botter
• 200 g (235 ml) suiker
• 250 ml gouestroop
• 250 ml melk
• 2 groot eiers, geklits
• 225 g (415 ml) koekmeel
• 10 ml fyn kaneel
• 3 ml fyn gemengde speserye
• 1 ml fyn gemmer
• 5 ml bakpoeier
• 50 ml gesmelte botter
• 125 ml room
1 Voer ’n 22 cm-vierkantige of ronde koekpan met bakpapier en smeer dit goed met ’n lagie sagte botter.
2 Sny die appels in dun wiggies. Sit die wiggies in ’n bak water met ’n bietjie suurlemoensap sodat dit nie verkleur nie. Kap ’n paar van die appelwiggies fyner en hou dit eenkant.
3 Verhit die botter, suiker, 125 ml van die gouestroop en die melk in ’n kastrol. Laat dit vir ’n paar minute prut tot die suiker opgelos het. Haal dit van die plaat af om goed af te koel voor jy die eier byroer.
4 Sif die meel, speserye en bakpoeier saam. Vou dit saam met die kleiner appelstukke by die bottermengsel in tot dit net gemeng is. Gooi die beslag in die koekpan en rangskik die appelskywe bo-op sodat dit effens oorvleuel. Drup die helfte van die gesmelte botter bo-oor. Bak dit vir een uur in die verhitte oond, of tot ’n toetspen skoon uitkom. Drup die orige botter halfpad deur die baktyd oor die appel. Laat die koek vir 10 minute in die pan staan.
5 Verhit die orige gouestroop en room saam tot die gouestroop gesmelt het.
6 Keer die koek uit op ’n draadrak en dan op ’n opdienbord. Sny dit in blokke of skywe, indien verkies. Drup die roomsous oor die koek en sit dit warm voor.
(Idees)

B
Bar One Koek
150 g botter
250 ml suiker
3 eiers
500 ml meel
10 ml bakpoeier
3 ml koeksoda
2 ml sout
250 ml karringmelk
45 ml kakao
80 ml kookwater
Meng die kookwater met kakao en plaas eenkant
Sif droë bestanddele saam
Room botter en suiker tot lig en donsig
Klits eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging
Meng droë bestanddele om die beurt met die karringmelk by.
Ek voeg 1 T wit asyn by die karringmelk voor ek dit byvoeg
Gooi in gesmeerde ringpan
Bak by 180 grade C vir 40 tot 50 min
Laat effens in die pan afkoel vir 10 min
Keer uit Laat afkoel en versier
Versiersel
100 ml vars room ( ek gebruik net 80 ml anders is versiersel te loperig)
1 x 55g Bar One opgekap
100 g donker sjokolade in stukke gebreek
Plaas in 'n glasbak en mikrogolf op 50 % krag vir 2 tot 4 min. Roer elke min om.
Laat afkoel en gooi oor koek
Bron Sasko

BIENENSTICH
landbouweekblad
Lewer 12 - 14 porsies.
Regstreeks vertaal beteken Bienenstich ‘‘bysteek’’.
Dié heerlike Duitse heuning-amandel en bakkersvlakoek neem tyd en moeite.
Maar as jy dit eenmaal geproe het, sal jy dit weer en weer wil eet.
VULSEL
310 ml volroommelk
½ vanieljepeul - in lengte deurgesny en saadjies uitgeskraap
60 ml strooisuiker
3 groot eiergele
15 ml koekmeel
15 ml mielieblom (maizena)
60 ml ongegeurde roomkaas - opsioneel
DEEG
60 ml volroommelk
30 ml heuning
190 ml koekmeel
15 ml kitsgis
30 ml strooisuiker
1 ml sout
2 eiers - geklits
125 g sagte botter - in blokkies gesny
BOLAAG
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
60 ml heuning
knippie sout
100 g gevlokte amandels
VULSEL
Maak eerste die vulsel.
Verhit die melk, vanieljepeul en saadjies tot net onder kookpunt.
In ’n mengbak, klits die suiker en eiergele goed saam.
Voeg die koekmeel, mielieblom en ’n paar druppels melk by (genoeg om dit tot ’n gladde pasta te meng).
Voeg die warm melk by die eiermengsel, roer tot glad en gooi alles terug in die kastrol.
Verhit stadig oor lae hitte tot die mengsel verdik en gaar is.
Verwyder dadelik van hitte en gooi in ’n skoon, koel bak.
Verwyder die vanieljepeul.
Bedek die vulsel met kleefplastiek en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Verkoel tot benodig.
DEEG
Verhit die melk en heuning tot sterk louwarm.
Meng die koekmeel, gis, strooisuiker en sout in ’n mengbak.
Voeg die melkmengsel en geklitste eiers by en meng tot ’n deeg.
Knie die botter blokkie vir blokkie by.
Knie die deeg goed vir sowat 10 minute tot elasties.
Vorm die deeg in ’n bol, sit in ’n groot bak en bedek losweg.
Laat rys op ’n warm plek tot verdubbel in volume.
Knie die deeg af en sit dit dan terug in die bak.
Bedek weer en sit die deeg in die yskas vir ongeveer 4 ure.
Haal uit die yskas en laat staan die bak deeg op ’n warm plek tot die deeg in volume verdubbel het.
Smeer intussen ’n losboomkoekpan van 24 cm goed met botter.
Knie die deeg weer af en druk dit eweredig in die pan.
Bedek weer losweg en laat rys die deeg ’n 3de keer tot die pan vol gerys is. Voorverhit die oond tot 180 ° C.
BOLAAG
Verhit die botter, suiker en heuning saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en prut vir vir 1 minuut.
Verwyder van die hitte en roer die amandels by.
Skep die mengsel eweredig oor die deeg.
Bak vir 25 - 30 minute tot die bolaag gekaramelliseer is.
Laat vir 10 minute in die pan afkoel en haal dit dan uit om heeltemal op ’n draadrak af te koel.
OM AF TE ROND
Sny die koek in 2 dunner lae met ’n skerp broodmes.
Haal die vulsel uit die yskas en klits deur.
As die vulsel te dik is, voeg die roomkaas by en klits tot glad.
Smeer die vulsel oor die onderste laag van die koek en sit die boonste laag bo op.
Sit voor met koffie of tee.

C
Coca-Cola Sjokoladekoek
Bestanddele:
500ml meel
500ml suiker
5ml sout
250g botter
45ml kakao
250ml coca-cola
375ml marshmallows, in kwarte gesny
5ml koeksoda
125ml karringmelk
2 eiers, geklits
5ml vanieljageursel
Voorverhit oond na 180°C
Sif die meel en sout saam.
Voeg suiker by.
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot die botter gesmelt is.
Verwyder van die hitte en voeg die marshmallows by. Roer tot die marshmallows gesmelt het.
Meng goed met die meel.
Los die koeksoda in die karringmelk op en voeg by die koekmengsel.
Voeg ook die eiers en vanielje by.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde koekpan.
Bak teen 180°C tot reg, ongeveer 45 minute.
Versiering:
125g botter
45ml kakao
90ml coca-cola
500g versiersuiker
100g pekanneute, gekap
5ml vanieljegeursel
Verhit die botter, kakao en coca-cola saam tot net voor kookpunt.
Voeg die versiersuiker by en meng goed.
Voeg meeste van die neute by asook die vanielje.
Versier die koek met die mengsel en strooi die res van die neute oor.

D
3 BESTANDELE KOEK
1 kop self raising meel
6 eiers geskei
1 kop suiker (KAN VERVANG MET CASTOR SUGAR )
METODE:
Skei die eirs, klits eierwitte styf, voeg ½ k suiker by en klits goed.
Laat eenkant.
Klits nou die eiergeel en ander ½ k suiker goed tot skuim, voeg meel geleidelik by en klits goed. Vou nou eierwitte by eiergele in en gooi in gesmeerde koekpan.
Bak by 180°C vir 30 min.
Versier soos verkies
Bron: Food. Com
Plasing: Tiana Botes

DADELKOEK MET PEKANNEUTE EN KARAMELSOUS
Arina Du Plessis
175 g ontpitte fyngekapte dadels
45 ml louwarm brandewyn
200 g sagte botter
125 ml ligbruin suiker
4 ekstra groot eiers
5 ml bakpoeier
275 ml koekmeel
5 ml kaneel
3 ml neutmuskaat
125 ml melk
5 ml vanielje geursel
50 g pekanneute - grof gekap (½ pakkie)
45 ml ekstra brandewyn
Voorverhit die oond tot 170 ° C.
Voer ’n koekpan van 22 cm met bakpapier uit en smeer goed.
Laat week die dadels vir 10 minute in die louwarm brandewyn.
Verroom intussen die botter en suiker goed.
Voeg die eiers by en klits goed.
Voeg die koekmeel, speserye, melk, vanielje geursel, dadels in brandewyn en pekanneute by.
Meng deeglik en skep in die voorbereide pan.
Smeer gelyk en bak vir 30 - 40 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Terwyl die koek bak, maak die karamelsous.
KARAMELSOUS
125 ml ligbruin suiker
125 g botter
45 ml gouestroop
45 ml water
250 ml room
5 ml vanielje geursel
ekstra dadels en pekanneute om mee voor te sit
Verhit die suiker, botter, stroop en water tot die suiker gesmelt is, roer aanhoudend.
Verhit tot kookpunt en prut tot die sous ’n diep goue kleur kry.
Voeg die room en vanielje geursel by (versigtig, die sous sal vinnig opkook) en roer tot die sous weer begin kook.
Laat prut vir ’n paar minute tot effens verdik en hou eenkant.
Haal die koek uit die oond en gooi die ekstra brandewyn versigtig bo oor.
Laat vir 10 minute in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om verder af te koel.
Sit louwarm voor met karamelsous bo oor geskep en sprinkel ekstra dadels en neute oor.

E
F
G
H
I
J
K
L
M
MOKKA-BLOKKIES
200 g Marie-beskuitjies
250 g margarien
500 g versiersuiker
30 ml kits koffiepoeier
1 eier
Rol die beskuitjies met ‘n rolstok tot taamlik fyn. Smelt die margarien in ‘n diep kastrol. Los die koffie in die margarien op en voeg dan die versiersuiker by. Roer dit goed oor matige hitte tot glad. Roer die eier vinnig by. (Roer baie vinnig anders skif die eier.) Haal die mengsel van die stoof af en roer die fyn beskuitjies by. Gooi in ‘n gesmeerde reghoekige glasbak en laat afkoel. Sny in blokkies wanneer styf en bewaar in die yskas.

N
O
P
Suiker-vrye Paas-plesier: Paas-babka met ’n sjokoladevulsel:
Babka is ’n ryk suurdeegkoek uit Oos- Europa. Ons weergawe het ’n vulsel en die deeg word gedraai.
Maak: 1 groot brood
Bereidingstyd: 30 minute, plus rystyd
Baktyd: omtrent 1 uur
Oondtemperatuur: 190 °C
• 190 ml warm melk
• 10 g-sakkie aktiewe droë gis
• 2 ekstra-groot eiers, teen kamertemperatuur
• 410 g (750 ml) koekmeel, plus ekstra vir knie
• 3 ml steviapoeier
• 185 g (200 ml) ongesoute botter, in blokkies van 2 cm gesny en gelos om kamertemperatuur te bereik
• 100 g suikervrye sjokolade, baie fyn gekap
• 30 ml fyn kaneel
• 1 eiergeel
• 30 ml melk
1 Gooi die warm melk in ’n bak en sprinkel die gis en ’n knippie suiker bo-oor. Laat dit vir 15 minute staan of tot dit begin skuim.
2 Klits die eiers, gooi dit by die gismengsel en klits weer om alles te meng.
3 Meng die meel, 2,5 ml stevia en 2,5 ml sout in ’n groot bak. Gebruik ’n elektriese menger met ’n spaanklitser, of ’n elektriese handklitser. Voeg die gismengsel by die meelmengsel en klop dit teen ’n lae spoed tot amper al die meel ingewerk is. Skakel nou oor na ’n deeghaak.
4 Voeg 150 g (160 ml) botter by en klits dit tot die meelmengsel en die botter goed gemeng is en ’n gladde, sagte deeg vorm. Die deeg moet effens klewerig wees.
5 Sit die deeg op ’n werkoppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Knie dit vir ’n paar minute, tot die deeg minder klewerig en glad is. Sit die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met ’n klam doek. Laat dit vir omtrent ’n uur op ’n warm plek rys, of tot dit dubbel die volume is.
6 Meng die sjokolade, 0,5 ml stevia en kaneel saam. Voeg die orige botter by en meng goed.
7 Klits die eiergeel en melk saam om ’n glaseersel te vorm.
8 Druk die deeg plat en laat dit vir vyf minute onder ’n doek rus. Strooi ’n lekker dik laag meel oor jou werkoppervlak en rol die deeg in ’n vierkant van 30 x 30 cm uit – die deeg moet omtrent 3 mm dik wees. Verf die rande met eierglaseersel en sprinkel die sjokoladevulsel oraloor die deeg met ’n randjie van 1 cm reg rondom oop.
9 Rol die deeg soos ’n rolkoek op. Knyp die punte saam om dit te seël en draai die rol vyf of ses keer. Bring die punte byeen en knyp dit saam. Draai die rol twee keer en sit dit in ’n gesmeerde broodpan met die punte onderin. Bedek en laat vir 30 minute op ’n warm plek rys.
10 Verf die babka goed met eierglaseersel en bak dit vir 45 minute in die verhitte oond. Verlaag die hitte tot 160 °C en bak dit vir nog 10-20 minute, of tot die babka ’n diep goudbruin kleur het. Laat dit vir 10 minute in die pan afkoel en keer dit dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Stevia is ’n groen blaarplant van Suid-Amerika, waar dit eeue lank gebruik is vir goeie spysvertering en om wonde mee te verbind. Dis deesdae in poeier- en vloeistofvorm te kry as ’n plaasvervanger vir suiker. Stevia het verskeie voordele, sê Sally-Ann Creed, ’n voedingkundige van Kaapstad. Dis kilojoule-vry én die veiligste opsie as dit by versoeters kom. Stevia is baie soet en jy het min nodig. Jy kan dit op sy eie gebruik, of die helfte van die suiker in ’n resep daarmee vervang. Stevia het ’n nasmaak as jy te veel gebruik – gaan dus spaarsaam te werk!
NS:
Steviapoeier - Dit is amper so iets soos ons canderel - 'n artificial suiker plaasvervanger. blykbaar net 5 keer soeter.

Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z
RESEPTE SONDER FOTO'S
Ryk botterlaag koek
160g botter/margarien
187ml suiker
3 eiers
125 ml melk
437ml koekmeel
1ml sout
12,5ml bakpoeier
5 ml vanielje
Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg geursel by. Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Voeg om die beurt met die melk by bottermengsel. Klits tot dit fluweelagtige voorkoms het. Gooi mengsel in 2 gesmeerde laagkoekpanne en bak by 180 grade C so vir 25-35 minute. Versier soos verkies
Ou kook en geniet