A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
Suurlemoen en ricotta tertjies
Genoeg vir 6 – 10 mense
Suurlemoenrepies:
100 ml water
15 ml strooisuiker
Skil van 2 suurlemoene, in dun repies gesny
Kors:
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
Vulsel:
4 eiers, geskei
300 ml strooisuiker
Sap van 3 suurlemoene
25 ml gesmelte botter
250 g ricottakaas, deur ‘n sif gedruk
50 ml koekmeel
Afronding:
Kiwivrugteskyfies (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 6 klein losboom-tertpannetjies met botter en besprinkel dit liggies met meel.
Suurlemoenrepies: Verhit die water en suiker oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Roer die suurlemoenskilrepies in, verhoog die hitte en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat 3 – 5 minute prut. Dreineer, klad die repies droog met ‘n skoon vadoek en laat afkoel. Gooi die vloeistof weg.
Kors: Rol die skilferkorsdeeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en voer die tertpannetjies daarmee uit sodat dit effens bo die rande uitsteek. Plaas in die yskas tot benodig.
Vulsel: Klits die eiergele en strooisuiker tot donsig, lig van kleur en dubbel in volume. Voeg die suurlemoensap en gesmelte botter by en meng goed. Roer die ricottakaas in, sif die meel bo-oor en klits liggies om alle klonte te verwyder. Klits die eierwitte in ‘n skoon bak tot stywe punte vorm en vou dit by die suurlemoenmengsel in. Giet dit in die korse en rangskik die suurlemoenrepies bo-op. Bak 40 minute in die voorverhitte oond tot net gestol. Laat effens afkoel en verwyder uit die pannetjies.
Afronding: Versier met kiwivrug. Sit die tertjies voor saam met dik room.

Wit-en-donkersjokolade-tertjies
Vir spesiale geleenthede is dié tertjies ’n moet op jou spyskaart
(6 porsies) 6 klein koekpannetjies
Sjokoladedeeg
120 g versiersuiker
150 g ongesoute botter
1 eier
1 eiergeel
200 g meel
50 g kakao
Room die versiersuiker en botter tot lig en romerig in jou elektriese menger. Voeg die eier en eiergeel by en meng goed. Sif die meel en kakao saam. Voeg dit by die bottermengsel en meng goed. (Die mengsel sal baie sag wees.) Bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir minstens 2 uur. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer klein, gesmeerde koekpannetjies uit met die deeg. Prik die bodem van die pannetjies met ’n vurk en plaas bakpapier bo-op elk. Vul met boontjies en bak vir 12 minute teen 200 °C.
Donkersjokolade-vulsel
2 eetlepels suiker
1 eier
1 eiergeel
100 g 70%-donkersjokolade
75 g ongesoute botter
Witsjokolade-vulsel
2 eetlepels suiker
1 eier
1 eiergeel
100 g witsjokolade
75 g ongesoute botter
Maak albei vulsels op dieselfde manier. Klits die suiker, eier en eiergeel saam in ’n elektriese menger tot lig en romerig. Smelt die sjokolade en botter saam in ’n bak oor ’n kastrol kookwater. Voeg die sjokolade by die eiermengsel en meng goed. Vul die tertbakkies met albei vulsels en bak vir 15 minute teen 190 °C. Laat in die pannetjies afkoel.

T
U
V
Vlaskywe
deeg
200g Blaardeeg (Puff Pastry)
Vulsel
450 ml Melk
60 ml Suiker
70 ml Vlapoeier
2 Eiergele
5ml Vanielje
1/2 Blikkie gekookte kondensmelk
Versiering
100ml Versiersuiker
20 ml Suurlemoensap
Rol blaardeeg uit op 'n plat oppervlak. Druk vormpies uit blaardeeg (hartjies/sirkels/reghoeke). Pak vormpies uit op oondpan. Smeer vormpies met bietjie melk aan albei kante en plaas in oond vir ongeveer 15 minute. Klits melk, suiker, eiergele, vlapoeier saam in 'n kastrol. Plaas op stoof op medium hitte en roer aanhoudend vir ongeveer 20-25 minute. Roer vla tot dik. Voeg dan vanielje by, roer deur en haal van stoof af.
In 'n aparte bakkie roer gekookte kondensmelk deur sodat dit makliker kan smeer. In 'n aparte bakkie druk vars suurlemoensap uit, ongeveer 20 ml. Voeg versiersuiker by suurlemoensap en roer tot medium-dikte. (Nie loperig nie) Na ongeveer 15-20 minute haal ligbruin blaardeeg uit die oond uit. Smeer een helfte van die vormpies met gekookte kondensmelk. Smeer ander helfte met vla. Plaas 'n gekookte kondensmelk-hartjie bo-op 'n vla-hartjie en versier met versiersel.

Ek gebruik vlapoeier vir my vla-skywe - niks fout daarmee nie
(sowat 6 skywe)
1 vel blaardeeg (puff pastry)
Versiersel:
200 g versiersuiker (icing sugar)
15 ml water
15 ml suurlemoensap
Vulsel:
60 ml vlapoeier
600 ml melk
Rol die blaardeeg redelik plat uit en halveer.
Besprinkel ’n bakplaat liggies met water en prik die deeg goed met ’n vurk (dit sal keer dat die blaardeeg te veel rys).
Bak vir ongeveer 15 minute teen 200ºC tot ligbruin, en laat afkoel op ’n afkoelrak.
Meng die vlapoeier met ’n bietjie melk om ’n gladde pasta te vorm.
Bring die res van die melk tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die vlapoeiermengsel by.
Sit die vla terug op die hitte en roer aanhoudend vir ongeveer een minuut.
Gooi die vla oor in ’n mengbak, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel.
Sif die versiersuiker en meng met die water en suurlemoensap.
Bedek een helfte van die blaardeeg met die versiersuiker-mengsel.
Plaas die vlavulsel bo-op die onversierde blaardeeg -helfte en sit die versierde helfte bo-op.
Sit in die yskas totdat dit gestol het en sny in skywe.

TROPIESE VLASKYWE:
1x 200g Cream Crackers 5x250ml melk
50ml botter of margarien 250ml suiker
125ml koekmeelblom 125ml mielieblom
50ml vlapoeier knippie sout
3 eiers geskei 125ml koue water
vanielje geursel
Pynappellaag:
250ml suiker 25ml vars suurlemoensap
440g fyn pynappel, gedreineer & deur sif gevryf
Glansversiersel:
300ml versiersuiker, gesif 50ml kookwater
Metode:
Rangskik die helfte van die beskuitjies in ‘n gesmeerde vierkantige tertbak. Verhit melk, botter en suiker oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en roer tot die mengsel kookpunt bereik. Meng meel, mielieblom, vlapoeier en sout. Klop eiergele en water, roer by die droë bestanddele en meng goed. Roer ‘n bietjie van die melkmengsel daarby, meng goed en skep die eiermengsel by die res van die melkmengsel. Verhit oor matige hitte en klop tot die mengsel verdik. Verwyder van hitte en geur met vanielje geursel. Laat effens afkoel, klits eierwitte styf en vou liggies by die vlamengsel in. Skep die mengsel oor die beskuitjies, smeer gelyk en pak die orige beskuitjies bo-op die vla mengsel sodat die boonste laag beskuitjies oor die onderste laag pas. Laat in yskas om heeltemal styf te word.
Pynappellaag:
Verhit die suiker, 25ml water en die suurlemoensap, roer tot al die suikerkristalle opgelos is en kook tot sagtebal stadium. Roer pynappel by en kook 5 minute. Vryf die mengsel deur ‘n sif en smeer oor die beskuitjies. Laat in yskas tot gestol.
Glansversiersel:
Meng versiersuiker en kookwater en smeer oor pynappellaag. Laat in koelkas totdat die glansversiersel geset het. Sny in skywe. *

VLASKYWE (MIKROGOLF)
1 pak kraakbeskuitjies
1 liter melk (4 kp)
200g suiker (1 kp)
50g botter of margarine (4 eetl)
70g koekmeel (1 ½ kp)
50g mielieblom (7 eetl)
12,5 ml vlapoeier
2ml sout
125ml water
3 eiers
5ml vanilla
½ pak (250g) versiersuiker
25ml kookwater
10ml suurlemoensap
Metode:
Pak die beskuitjies in rye van drie op die boom van ‘n tertbak. Mikrogolf die melk, suiker en botter/margarine ongeveer 13min op 75% krag en roer die mengsel af en toe. Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout in ‘n mengbak. Klits die water en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die meelmengsel en klits die meelmengsel dan by die res van die kookmelkmengsel. Mikrogolf die vulsel vir 7min by 70% krag en klop dit elke 1 ½ min goed met ‘n draadklopper. Roer die vanilla by. Skep die vulsel op die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Bedek dit met ‘n laag beskuitjies wat presies soos die onderste laag gepak word. Laat dit ‘n rukie by kamertemperatuur afkoel en verkil dit verder in die koelkas. Sif die versiersuiker en maak dit met die kookwater en suurlemoensap aan. Bedek die boonste beskuitjies daarmee. Plaas dit in die koelkas om styf te word. Sny net voor opdiening die vlaskywe in blokkies so groot soos die halwe beskuitjie.