HOE OM VERSIERSUIKER AAN TE MAAK
Jou botter of margarien moet sag maar nie gesmelt wees.
Op 250 g margarien gebruik 500 g versiersuiker.
Sit margarien in die menger en begin klits.
Gooi die versiersuiker lepels-gewys in.
Die ou tannie het vir my gesê die versiersuiker moet in die margarien in smelt.
Klits goed as alles bygevoeg is.
Voeg vanilla by en dan klits ek met die ballonklitser van my Kenwood n goeie 5 minute.
Lekker fluffy.
Ek klits partykeer n blik karamel by vir die lekkerte!
*Die reseppie en raad het ek jare terug by 'n ou tannie gekry wat troukoeke versier het en dit werk vir my! Iemand het al gesê om n eierwit by te klits maar ek is nie so lief vir die idee van rou eier nie.
WENK VIR N MOOI BLINK KOEKVERSIERSEL
Susan van den Berg
Gooi so 1-2 teelepels glukose by die versiersel terwyl jy klits.
KARAMELVULSEL VIR KOEKIES
2 kop suiker
2 eetl botter
2 kop vars room
1 kop melk
versiersuiker
vanieljegeursel
1. Braai suiker en botter saam tot ligbruin.
2. Voeg room en melk by.
3. Roer tot opgelos en kook tot mengsel los kom van pot se bodem
4. Neem van vuur af en roer tot koud.
5. Voeg genoeg versiersuiker by tot styf genoeg is om te smeer.
6. Voeg vanilla na smaak by.
VULSEL VIR VANIELJE KOEKIES
60 g margarien of botter
180 ml gesifte versiersuiker
3 ml vanieljegeursel
10 ml melk
aarbeikonfyt (Opsioneel)
Room margarien of botter en versiersuiker goed.
Voeg vanielje by.
Voeg melk geleidelik by.
Klop goed.
Smeer vulsel op koekie (met n bietjie aarbeikonfyt, indien verkies) en plak nog n koekie bo-op.
SUURLEMOENVULSEL VIR KLEINKOEKIES
60 g botter
125 ml versiersuiker, gesif
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
15 ml suurlemoensap
Klop botter tot romerig.
Klop versiersuiker geleidelik by.
Klop tot mengsel lig en romerig is.
Klop skil en sap by.
VULSEL VIR VLAKOEKIES
120 g botter
500 ml (2 k) versiersuiker
25 ml (5 t) vlapoeier
5 ml (1t) vanielje geursel
Verroom die botter en versiersuiker.
Voeg res van die bestanddele by en meng.
Sjokoladekoekies kan opmekaar geplak word met n mengsel van kooksjokolade wat saam met n klein bietjie botter of margarien gesmelt is.
VULSEL VIR KOFFIEKOEKIES
25 ml kitskoffiepoeier
25 ml kookwater
200 g (250 ml) witsuiker
115 g (125 ml) botter of margarien
75 ml melk
Maak die koffiepoeier met die kookwater aan.
Voeg die suiker, smeer en melk by.
Verhit dit oop tot kookpunt en kook dit dan 5 minute lank.
Haal dit van die stoof af en klop met n houtlepel totdat dit styf en koud word.
Smeer daarvan op die een kant van n koffie koekie en plak n tweede koekie daarop vas.
Lewer ongeveer 250 ml vulsel.
VANIELJEVULSEL VIR KLEINKOEKIES NR 1
Albei is treffers! Die versiersuiker kan ook vir groot koeke gebruik word. Dit hou goed vir 'n paar dae in 'n toe houer in die yskas. Het dit al gevries ook - ontdooi net en klits weer.
500 g gesifte versiersuiker
250 g margarien
1 eiergeel
1 t gliserien (by apteke te kry)
½ t vanielje geursel
Klop margarien tot sag, voeg versiersuiker by en klits. Voeg eiergeel by en klits, voeg gliserien en vanielje by klits baie goed. Plak koekies opmekaar.
KOFFIEROOMVERSIERSEL VIR KLEIN KOEKIES NR 2
1 k suiker
1/3 k melk
1 eetl koffie ekstrak of maak sterk koffie met koffiepoeier
½ t gliserien (kry by Apteke)
Kook alles saam vir 5 minute oor lae hitte, roer kort-kort.
Verwyder van stoof en laat afkoel tot lou warm.
Klits nou tot koud, dik en romerig.
Plak koffie koekies opmekaar.
JANA EN RINA SE VULSELS vir KLEIN TERTDOPPIES
Karamel, styfgeklitse room met aarbeie, kiwis of enige kleurvolle vrug.
Bakkersvla met ook n vruggie op.
Die geblikte appeltjies met n stingeltjie aan lyk oulik of as jy nog vars kersies kan kry.
Jy kan eintlik enige groot tert se vulsel gebruik soos Cremora, Pepperment Crisp, Piesang en karamel en room.
of
Tuna-, hoender- en ham-mayonnaise.
Fyn sardientjies met ui en mayonnaise.
Gebakte botterskorsie en feta.
Cottage cheese en salm of gekerfde biltong.
Patees ensovoorts en versier met olywe, peppadews, capers, pietersielie of dill.
GEMMERROOM-VERSIERSEL
250 g roomkaas
30 ml (2 e) gekapte ingelegde gemmer
30 ml (2 e) stroop van ingelegde gemmer
80 ml (1/3 k) saggemaakte STORK BAKE
125 ml (½ k) versiersuiker, gesif
ingelegde baba-appels vir versiering
Klop die roomkaas, ingelegde gemmer en stroop saam.
Verroom die STORK BAKE en versiersuiker en meng dit met die roomkaasmengsel.
Hou eenkant tot gebruik
ROMERIGE DUITSE VLAVULSEL
50 ml suiker
125 ml koekmeelblom
375 ml melk
2 eiergele
knippie sout
5 ml vanilla geursel
1 ml amandel geursel (opsioneel)
bietjie ekstra suiker
125 ml room
Meng suiker en meel in kastrolletjie, roer melk by, meng goed en laat oor matige hitte opkook.
Klits met "whisk" tot gladde dik sous.
Klits bietjie warm sous by die eiergele, gooi terug in kastrol en laat nog 'n minuut kook. Roer sout en geursel by.
Roer en verwyder van plaat.
Strooi dun lagie suiker bo-oor om te verhoed dat velletjie vorm.
Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Klits room tot styf en klits afgekoelde vla lepelsvol op 'n slag by die room.
Klits na elke byvoeging tot heeltemal glad.
*Die vulsel werk ewe lekker om 'n gewone witkoek in 'n vlakoek te verander as jy net bietjie geroosterde klapper bo-oor strooi.
BASIC YOGURT ICING
1 cup icing sugar, sifted
1 tsp yogurt
½ tsp grated fresh lemon rind
½ tsp lemon juice
In a food processor or mixer blend all ingredients together to smooth.
GEKOOKTE VERSIERSEL
Dis eintlik baie maklik om te maak. Ek het dit eenkeer op Pasella gesien en het dit al baie gemaak.
4 eierwitte
200 g suiker
½ k water
voedselkleursel
Vir die gekookte versiersel:
Plaas die eierwitte in 'n elektriese menger.
Meng die suiker en water saam in 'n pot en plaas op lae hitte.
Roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.
Prut 10 minute stadig (moenie roer nie en gebruik 'n kwas en warm water om die suiker van die kante van die pot af te spoel).
Die stroop moet 118 grade C wees of laat 'n bietjie van die stroop om af te koel en trek dit tussen twee vingers – as dit drade maak, is dit gereed. Klits die eierwitte tot styf en voeg die stroop stadig by.
Klits die versiersel tot dit heeltemal verkoel is en gebruik dit onmiddellik.
xxxxxx